AANSTAP ROOIES

Woorde: B.A. DE WET: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.

Opstaan, inspan, die laaste trek lê voor,
nog lank voor dagbreek trek ons die eerste bultjie oor.
O, hoor net die sweep se slag, slag, hoor net die sweep se slag,
tuis kom ons nog vannag waar ons geliefdes wag.


Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

 

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za