AFRIKANERS IS PLESIERIG

Woorde: A.D.E. GUTSCHE
Musiek: Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Afrikaners is plesierig,
dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies,
en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie
en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie
en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie,
goeienag, my ou man!
Oor 'n week 'n partytjie,
en dan draai ons weer saam.



Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za