
O, BOEREPLAAS
Woorde: C.F. VISSER
Musiek: "Der Tannenbaum", gewysig; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die węreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
Die węreld, rykdom, prag en praal
kan jou verlies my nooit betaal.
O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |