
DAAR'S NOOIENTJIES IN DIE BOLAND
Woorde: NUNEZ HOLTZHAUSEN; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: NUNEZ HOLTZHAUSEN; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN
Daar's nooientjies in die Boland, daar's nooientjies in Natal.
Daar's nooientjies in die Vrystaat, daar's nooientjies in Transvaal.
Die nooientjies van die Onderveld is so fraai en vrolik,
die nooientjies van die Boland is tog weer so bekoorlik.
Daar's nooientjies skaam en skugter, daar's nooientjies trots en fier.
Daar's nooientjies fluks en nugter, daar's nooientjies vol plesier.
Daar's nooientjies fyn en eerlik, met hartjies teer en rein.
Daar's nooientjies so begeerlik, met lippies karmosyn.
Die nooientjie van die Hoëveld is so fris en vroulik,
haar suster van die Laeveld is so prettig, oulik.
Maar was daar ook 'n duisend, en almal baie mooi,
my liefde is net blywend vir een, my Boerenooi!

|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |