
KOM DANS KLARADYN
Woorde: C.F. VISSER
Musiek: S. LE R. MARAIS
[2x]
Kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die wei.
Die blomme hul nooi ons, die feesmaal is klaar;
die sterretjies brand al, die maan is al daar.
[REFREIN]
Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn,
kom en dans weer met my, weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die wei,
op maat van die aandwind wat wieg oor die wei.
Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn,
kom en dans weer met my, weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die wei,
die aandwind wat wieg oor die wei.
[2x]
Vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly
as blomme verwelk en die weelde vergaan,
as sterre verbleek en verduister die maan.
[REFREIN]
Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn,
kom vertel my dat jy my, dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly,
die koninginbruid van my hart ook gaan bly.
Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn,
kom vertel my dat jy my, dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly,
die bruid van my hart ook gaan bly.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |