
DIS AL
Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: JOHANNES JOUBERT
Dis die blond, dis die blou;
dis die veld, dis die lug;
en 'n voël draai bowe
in eensame vlug--dis al.
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan--dis al.
Dis die blond, dis die blou;
dis die veld, dis die lug;
en 'n voël draai bowe
in eensame vlug--dis al.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |