
DIS HEERLIKE LENTE
Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ
Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |