DIS LENTE IN DIE BOLAND

Woorde: P. MCLACHLAN
Musiek: "L'inverno è passato", Italiaans-Switserse Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978.

Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou;
hy soek soos al die mense 'n maat om mee te trou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou waar is jy nou?
Ek is nog nie jou vrou nie, jy moet eers nessie bou!

Dis lente in die Boland en al die voëltjies trou;
Piet-Piet, my liewe vroutjie, ag, wat makeer jou nou?
Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou, jy moet onthou:
'n Piet-my-vroutjie-kêrel kan mos nie nessie bou!

Dis lente in die Boland, die voëls het nes gebou;
maar 'n geleende nessie: dis al vir Piet-my-vrou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my man, jy't my gevang;
as ek nie met jou trou nie dan bly ek weduvrou!



Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za