HANSIE SLIM

Woorde: A.D.E. GUTSCHE: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2
Musiek: Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

Hansie slim, berg wil klim, gaan die wye wêreld in.
Stok en hoed pas hom goed, hy is vol van moed.
Maar sy ma wil hom gaan haal, Hans het dalkies al verdwaal!
Moeder sug, so bedug: "Hansie kom tog t'rug".

Hansie swoeg, baie moeg, hoog geklim, dit is genoeg!
Omdraai nou, 'k sê vir jou, bergklim nie weer gou!
Tuis smeer ma die salfies aan, Hans voel gou weer pure man!
Eerste keer, les geleer, eendag weer probeer!


Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za