MY HARTJIE, MY LIEFIE

Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ

My hartjie, my liefie, die son sak weg,
die son sak weg, die son sak weg.
My hartjie, my liefie, die son sak weg
daar onder by die blou berge.

[REFREIN]
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

My hartjie, my liefie, die maan kom op,
die maan kom op, die maan kom op.
My hartjie, my liefie, die maan kom op
daar onder by die blou berge.

[REFREIN]
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
die maan sak weg, die maan sak weg.
My hartjie, my liefie, die maan sak weg
daar onder by die blou berge.

[REFREIN]
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za