DIS JULLE WAT DIE WIND

Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: ANDRIES WASSERMANN

Die julle! (Nee dis julle!) Dis julle! (Nee dis julle!)
Dis julle wat die wind laat waai! (O nee, dis julle!)
Die julle! (Nee dis julle!) Dis julle! (Nee dis julle!)
Dis julle wat die wind laat waai! (O nee, dis julle!)
Dis 'n onder-, (Nee, 'n bo-,) dis 'n onder-, (nee, 'n bo-,)
dis 'n onderstebo baadjie; (O nee, dis nie!)
Dis 'n onder-, (Nee, 'n bo-,) dis 'n onder-, (nee, 'n bo-,)
dis 'n onderstebo baadjie! (Ons dag dis bo!)

(Dis julle!) O, so! (Dis julle!) Ag nè?!
(Dis julle wat die wind laat waai!) Nooit!
(Dis julle!) Wie sê so? (Dis julle!) Nou, toe nou!
(Dis julle wat die wind laat waai!) Raai!
(Dis 'n onder-,) Ha-ha! (dis 'n bo-,) Ha-ha!
(dis 'n onderstebo baadjie!) So waar?!
(Dis 'n onder-,) Mf! (dis 'n bo-,) Nga!
(dis 'n onderstebo baadjie!) Jul laat ons lag!

Dis julle wat die, dis julle wat die,
dis julle wat die wind laat waai!
Dis julle wat die, dis julle wat die,
dis julle wat die wind laat waai!


Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za