
VER IN DIE WĘRELD, KITTIE
Woorde: Tradisioneel: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Ver in die węreld, Kittie, Kittie, Kittie,
ver in die węreld, Kittie, Kittie oor die see.
Sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai,
sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai.
Al in die rondte, Kittie, Kittie, Kittie,
al in die rondte, Kittie, Kittie om die draai.
Hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
maar sy hou haar bymekaar,
hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
maar sy hou haar bymekaar.
Wie is die kęrel, Kittie? Kittie? Kittie?
Wie is die kęrel, Kittie, wat so knaend draai?
Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
maar sy flous hom elke maal.
Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
maar sy flous hom elke maal.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |