O, DIE LIEWE MARTATJIE

Woorde: B.A. DE WET
Musiek: "Ach du lieber Augustin", Oostenrykse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

O, die liewe Martatjie, Martatjie, Martatjie!
O, die kleine vabondjie het my laat staan.
Geld is weg, nooi is weg, als is weg, alles weg!
O, die kleine vabondjie, wat nou gedaan?

O, die liewe meisietjies, meisietjies, meisietjies!
O, die kleine skelempies, skaam tog vir jul!
Gooi ons weg, maak ons sleg, breek ons hart, maak ons kwaad.
Kan die liewe engeltjies tog nie laat staan.

O, my liewe Kareltjie, Kareltjie, Kareltjie!
Waarom kleine papbroekie, moet jy so kla?
Net 'n grap, jy's te pap, jy's te sleg, als is reg.
Kom nou, liewe Kareltjie, vra Pa en Ma.


Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

 

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za