MAMMA, 'K WIL 'N MAN HÊ

Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee!
'n Franseman die wil ek nie,
want "parlez-vous" verstaan ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Hollander hê?
Nee, mamma, nee!
'n Hollander die wil ek nie,
want klompe dra--dit sal ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Duitser hê?
Nee, mamma, nee!
'n Duitserman die wil ek nie,
want "Schweinefleisch"--dit lus ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Boerseun hê?
Ja, mamma, ja!
'n Boereman die wil ek hê,
in 'n Boer se arme wil ek lê;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!


Terug na Saam Sing-Kom Saam sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

 

Outeursreg voorbehou © 2010 Busy Hands info@busyhands.co.za