
MÔRE OOMPIE, MÔRE TANNIE
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: ANTON HARTMAN
Môre Oompie, môre Tannie, waar is Sannie dan?
Sannie het gaan water haal daar onder by die dam.
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Haar rokkie het 'n skeurtjie in; die jonkman kyk daarna.
Die jonkman vra om met Sannie te trou; en skaamrig sę sy: "Ja".
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |