
DIE OUKRAAL-LIEDJIE
Woorde: MANAS en AMIE DE VILLIERS
Musiek: J.A. BROWN; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam;
sing ons van waterstrome, slange in olienhoutbome
en 'n ribbok wat daar teen die rantjie staan.
Ons sing, (ons sing,) ons speel (ons speel)
van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel.
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |