BY DIE OU MEULSTROOM

Woorde: Anoniem; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: TELL TAYLOR; verwerk: G.G. CILLIÉ

Ek dink nog aan die dae nou reeds lank verby
toe jy en ek beloof het mekaar getrou te bly.
Jou hare is nou silwer maar toe was dit nes goud;
Dit sal ek nooit vergeet nie, word ek nog so oud.

[KOOR, 2x]
Daar langs die waterstroom by die wilgerboom
eers ontmoet ek jou met jou oë blou.
By die meulstroom, daar het ek eers gewaar
hoe ek jou min, my koningin, by die ou meulstroom.

Die meul se wiel staan stil nou--nooit meer draai dit rond.
Die wilg is lank verdor al en lê daar op die grond;
maar nog na al die jare is ons twee bymekaar;
nog altyd bloei ons liefde, skoner elke jaar.

[KOOR, 2x]
Daar langs die waterstroom by die wilgerboom
eers ontmoet ek jou met jou oë blou.
By die meulstroom, daar het ek eers gewaar
hoe ek jou min, my koningin, by die ou meulstroom.



Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

 

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za