SIEMBAMBA

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3, 4, 5
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

[Tradisioneel]

Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie
--draai sy nek om, gooi hom in die sloot;
trap op sy kop dan is hy dood.

[C.J. Langenhoven]

Siembamba, ek is 'n baba,
Siembamba, ek is 'n baba
--pas my veilig op in die nood,
sus my liefies op die skoot.

Siembamba, ek is 'n seuntjie,
Siembamba, ek is 'n seuntjie
maar jy sal sien ek is net nou groot;
slaan maar orige kêrels dood.

Siembamba, ek is 'n jonkman,
Siembamba, ek is 'n jonkman
--tel my nou maar af van die skoot;
ek slaan self die kêrels dood.

Siembamba, ek is getroud nou,
Siembamba, ek is getroud nou
--maar sy dink ek is nog op die skoot,
wil nie glo nie ek is groot.

Siembamba, almal babas.
Siembamba, almal babas
--al die mans is danig groot--
almal babas tot hul dood.



Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za