
EK SOEK NA MY DINA
Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ
[Tradisioneel]
Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina;
ek soek na my Dina, die Dina van my.
O, hier is my Dina, my Dina, my Dina;
o, hier is my Dina, die Dina van my.
[C.J. Langenhoven]
Ek soek 'n lemoentjie, en toe 'n pampoentjie
--presentjie vir Dina--en kon dit nie kry.
"Laat staan wat daar ver is; daar's nader en beter;
gee dié maar", sê Dina, "gee dié maar vir my".
Ek soek 'n jangroentjie, 'n pêrelemoentjie
--presentjie vir Dina--en kon dit nie kry.
"Laat staan wat so skaars is; daar's volop en beter;
gee dié maar", sê Dina, "gee dié maar vir my".
Pampoentjie, jangroentjie, en pêrelemoentjie
--wat is daar op aarde dan beter te kry?
En toe kom 'n ander en gee haar 'n soentjie
--en nooit meer 'n Dina, 'n Dina vir my.

|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |