
STILLE NAG, HEILIGE NAG
Woorde: J. MOHR
Musiek: F. GRUBER
Stille nag, heilige nag.
Alles rus; eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar Kindjie met Josef so trou:
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!
Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!
Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer gebore vir ons!
Heer gebore vir ons!
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |