DIE VROLIKE MUSIKANT
Woorde: P. MCLACHLAN
Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
My vader was 'n musikant, 'n man van durf en daad,
met stem en snaar, viool, kitaar was hy altyd kordaat.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, was hy altyd kordaat.
My moeder was 'n musikant, 'n niggie fiets en fraai;
met bly gemoed en lig van voet kon sy ook tiekiedraai.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, kon sy ook tiekiedraai.
En nou is ek 'n musikant, hoe kan dit anders wees!
Ek speel soos pa en dans soos ma--die skoen pas by die lees.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, die skoen pas by die lees.
|
Outeursreg voorbehou © 2001-2011 Busy Hands info@busyhands.co.za |