AAI, AAI, DIE WITBORSKRAAI

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

[Tradisioneel]
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
--Oompie wil na Tannie vry,
maar Tannie trek haar neus opsy.

[1]
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
--hoog gevlieg en laag geswaai,
by die groot see omgedraai.

[2]
Raai, raai--Janpiet Kepaai
het sy rietgeweer gelaai,
tier gaan skiet by Mosselbaai,
nooi nie weer daar omgedraai.

[3]
Fooi, fooi, Stefaans du Toit
het gaan kuier by 'n nooi
met sy rietperd in die Baai,
daadlik weer daar omgedraai.



Terug na Kom Saam Sing-Kom Saam Sing met ou bekende Afrikaanse Volksliedjies, gratis musiek, midi,  Karaoke musiek en lirieke.

 

Outeursreg voorbehou © 2001-2011   Busy Hands info@busyhands.co.za