|
|
KOM SING SAAM |
|
|
NET 'N PAAR LEKKER OU BEKENDE AFRIKAANSE LIEDJIES. Die musiek en lirieke wat hier beskikbaar is, is net 'n paar van 'n groot versameling wat te kry is op die webwerf van Ons Blêrkas. Dankie aan Johann en sy span wat hard werk om ons Afrikaanse Volksliedere te behou. Ek het spesiaal die samestelling van Afrikaanse musiek gemaak omdat hulle my aan my skool dae laat terug dink. Wanneer ons met Kinderkrans pieknieks en bus ritte na sport byeenkomste gegaan het, het ons hulle graag gesing. Of die aande om die familie klavier wanneer my Ma ons begelei het. My Pa het altyd O' Boereplaas gesing ... Ja! Dit was die dae voor televisie. Vandag nog sing ek my twee gunstelinge ' Kom Dans Klaradyn '
en ' Al Die Veld Is Vrolik ' Die musiek en lirieke is in alfabetiese volgorde geplaas. Om Saam te Sing : Klik op lirieke ... Siedaar! Ons Sing Saam met my tuisgemaakte Karaoke! Kyk gerus na my nuwe Afrikaanse
'Met
Woord en Lied' vir moderne musiek.
Afrikaanse Volksliedjies - Volume 1, 2 en 3 is beskikbaar by Kalahari .
|
|
Klik hier vir die FAK se volledige electroniese sangbundel.
|
Oom 'Ollie' het my vereer met die Mieliestronk toekenning...Baie dankie daarvoor.
|
|
As enige een nog Afrikaanse skakels wil
byvoeg kontak my asb. by info@busyhands.co.za
|